Koue sel vir lid ná 'n lekker kuiertjie
Deur Basil AfrikaSondag, Julie 18, 2021 06:00 Nonzame Phatsoane ~ Verskaf CERES. – ’n Raadslid van die Witzenberg-munisipaliteit het Dinsdagaand weens dronkbestuur in die koue selletjies geslaap. ’n Verkeersbeampte het Nonzame Phatsoane (45), ’n ANC-raadslid, in Voortrekkerstraat voorgekeer omdat sy na bewering dronk bestuur het. Sy het na verneem word van die woonbuurt Nduli gekom waar sy gekuier het. Die voorval het omstreeks 18:10 gebeur en sy is op die toneel gearresteer. Alleen Phatsoane was alleen in die motor en na vernee...