Oliesoektog: Druk laai op teen Kanada, Namibië - Omgewing
24 June 2021 | Omgewing Ronelle Rademeyer - Die Kanadese regering is versoek om ’n omsigtigheidsondersoek te doen na Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) se oliesoektog in die Kavango. ’n Eko-forensiese prokureursfirma in Johannesburg sê in ’n brief aan die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, die ministers verantwoordelik vir natuurlike hulpbronne, die omgewing en klimaatsverandering asook opposisieleiers dat dié Kanadese olie- en gas maatskappy internasionale ooreenkomste oortree wat deur Kanada onderteken is. Me. Divina Naidoo van Schindlers Forensics het gister aan Repu...