14 July 2021 | Gesondheid Tanja Bause – By die Gammams begraafplaas in Pionierspark word Covid-19-grafte nou gegrawe in die paadjie wat tussen die grafte en die grensdraad loop. Ook die blombedding in die middel van die begraafplaas word nou gebruik om mense wat in die coronaviruspandemie dood is, ter ruste te lê. Intussen het mnr. Harold Akwenye, 'n woordvoerder vir die munisipaliteit, bevestig die krematorium is opnuut buite werking. “'n Waaier het op 4 Julie by die krematorium gebreek en dit is dus buite werking. Tegnikusse is tans druk besig om die probleem so vinnig as moontlik te probeer op te los,” het hy gesê.